Elektriese spanning

Elektriese spanning, spanningsverskil of elektriese potensiaalverskil (formeel geskryf as V of U, maar meer algemeen eenvoudig as V of U) is die verskil in elektriese potensiaal tussen twee punte. Die spanning tussen twee punte is gelyk aan die arbeid per eenheidslading teen 'n statiese elektriese veld om 'n toetslading tussen die twee punte te beweeg. Dit word gemeet in Volt (Joule per Coulomb). Dit beteken om 1 Coulomb lading oor 'n 1 Volt elektriese potensiaal te beweeg, benodig 1 Joule se arbeid.

Elektriese potensiaalverskil tussen punte kan veroorsaak word deur statiese elektriese velde, elektriese stroom deur 'n magneetveld, deur tydveranderende magneetvelde of 'n kombinasie van die drie.[1][2] 'n Voltmeter kan gebrui word om die spanning tussen twee punte in 'n stelsel te meet. 'n Gemeenskaplike verwysing, soos die grond van die stelsel word gereeld as een van die punte gebruik.

  1. Demetrius T. Paris and F. Kenneth Hurd, Basic Electromagnetic Theory, McGraw-Hill, New York 1969, ISBN 0-07-048470-8, pp. 512, 546
  2. P. Hammond, Electromagnetism for Engineers, p. 135, Pergamon Press 1969 OCLC 854336.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search